Varktjops met spek en ’n soet rissiesous

0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die hele gesin sal versot wees op hierdie heerlike én maklike klewerige varktjops.

Genoeg vir 4

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

Oondtemperatuur: 200 °C

  • 750 g bevrore aartappelwiggies
  • ’n groot knyp paprika
  • 15 ml olyfolie
  • 4 varklendetjops sonder die been
  • 8 repe streepspek
  • 30 ml soet rissiesous 
  • 15 ml worcestersous
  • 5 takkies tiemie

1. Voorverhit die oond. Meng die paprika, olyfolie en ’n groot knyp sout deur die aartappelwiggies en versprei dit in ’n eweredige laag in ’n oondbak. Bak vir 15 minute terwyl jy die vleis gereed kry.

2. Geur die tjops met sout en peper en meng die soet rissiesous, worcestersous en tiemie deur die vleis. Draai twee repe spek oorkruis om die oog van elke tjop.

3. Haal die aartappels uit die oond. Skuif al die wiggies na die bak se rande en rangskik die tjops in die middel. Bak nog 15 minute.

4. Voorverhit die oond se roosterelement. Draai die tjops om en rooster dit vir sowat 10 minute; draai die vleis in dié tyd nog ’n keer totdat al die tjops klewerig is reg rondom. Sit voor met ’n kruie-en-jogurtsous.

Wenk: Vra dat jou slagter die tjops vir jou ontbeen indien jy nie kans sien om dit self te doen nie.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees