Varkworsies met uiekaramel en patat

0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Varkworsies is so veelsydig dat jy in 'n japtrap 'n smulgereg kan voorsit. Neem maar jou tyd wanneer jy die uie karamelliseer vir die wonderlikste geur.

Genoeg vir 8 porsies

Bereidingstyd: 35 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

Oondtemperatuur: 200 °C

  • 8 klein oranje patats (omtrent so groot soos die worsies)
  • 30 ml elk botter en olyfolie
  • 2 groot uie, geskil en dungesny
  • 125 ml sider
  • 15 ml bruinsuiker
  • 3 takkies tiemie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 8 varkworsies van goeie gehalte
  • 15 ml meel
  • 125 ml aftreksel
  • worcestersous
  • 15 ml balsemiekasyn
  • ’n strooisel vars basilie

1. Prik die patat oraloor met ’n vurk, sit dit op ’n bakplaat en bak in ’n voorverhitte oond tot sag; draai ná 10 minute om. Afhangend van die grootte behoort dit binne 25 tot 35 minute gaar te wees.

2. Smelt die botter en olie saam en braai die uie stadig vir ’n paar minute. Voeg die sider by en kook rustig vir 10 minute met die deksel op tot die uie sag is. Verwyder die deksel, voeg die suiker, tiemie en knoffel by en braai tot goudkleurig en geurig. Skep uit die pan.

3. Braai nou die worsies tot lekker bruin oraloor (sowat 10–15 minute). Roer ’n ruim skep karamel-uie en die meel by en roerbraai vir ’n minuut. Voeg dan die aftreksel geleidelik by en laat prut vir sowat 5 minute. Roer ’n skeut worcestersous by; geur na smaak met die asyn, sout en peper. Maak ’n insnyding in elke gaar patat, skep ’n worsie en sous in elkeen en strooi basilie oor die “beursies” vir ’n vars geur. 

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees