
- 6 - vellose varkliesrepe, in blokkies gesny
- 80 ml - hoisinsous
- 15 ml - sojasous
- 1 - knoffelhuisie, gekap
- 1 cm - vars gemmer, geskil en gerasper
- 30 ml - sesamolie
- - sowat 125 ml kookwater
- 15 ml - sesamsaad, gerooster
- 1 - bossie sprietuie, gekap
- - OM VOOR TE SIT
- - gestoomde groen groente
- - jasmynrys
- - vars koljanderblaartjies
1 Meng die vark met die hoisin- en sojasous, knoffel en gemmer tot oraloor bedek. Ryg op houtstokkies (onthou om dit eers in water te week sodat dit nie vlam vat tydens gaarmaak nie). Marineer vir minstens 1 uur, maar verkieslik oornag, dat die geure kan trou.
2 Laat die vleis kamertemperatuur bereik. Verhit die sesamolie in ’n dikboompan en braai die sosaties nou versigtig daarin tot goudbruin en klewerig oraloor. Gebruik die kookwater om die sous te temper wanneer dit begin karamelliseer voor die vleis gaar is.
3 Strooi die sesamsaad en sprietuie oor die sosaties en sit voor met die rys en groente, afgerond met vars koljander vir die volmaakte geur.