1. Voorverhit die oond. Klits die eiers, olie, suiker en karringmelk saam op hoë spoed tot glad en baie goed gemeng. Voeg die semels en rosyntjies by. Sif die droë bestanddele oor die bak en roer vinnig tot net gemeng.
2. Skep van die beslag in die holtes van ’n gesmeerde muffinpan en bak vir 20 minute of tot gaar en uitgerys. Laat afkoel op ’n draadrakkie en bêre in ’n lugdigte houer.
Lugbraaiwenk: Skep van die beslag in vier of ses silikoon-kolwyntjierokkies, afhangend van hoe groot jou lugbraaier is. Voorverhit die braaier vir 3 minute tot 180 °C en bak vir 15 minute* of tot gaar en uitgerys. Onthou gaarmaaktye in lugbraaiers kan verskil; gebruik dus ’n toetspen om seker te maak jou muffins is gaar.