
- 1,3 kg - vars pynappelstukke (sowat 3 Queen-pynappels)
- 2 - groot wit uie, gekap
- 3 - groot groen appels, ontpit en gekap
- 300 g (375 ml) - ligte bruinsuiker
- 250 ml - bruinasyn
- 5 ml - sout
- 15 ml - matige kerriepoeier
- 2 - groen brandrissies, gekap
- 1 duim - vars gemmer, gekap
- 15 ml - swart mosterdsaadjies
- 10 - groen peperkorrels
- 3 - lourierblare
Meng al die bestanddele saam in ’n groot kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en verlaag weer die hitte totdat die mengsel rustig prut. Roer gereeld en laat prut tot dik en stroperig – dit sal tussen 30 minute en 1 uur duur, afhangend van die hitte. Bottel die blatjang warm in gesteriliseerde esse en seël terwyl dit nog warm is. Gee die blatjang so ’n week in die spens voor jy die eerste bottel oopmaak.