
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 2 minute
Porsies: 2
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
- 100 g - donkersjokolade van ’n goeie gehalte, gekap
- 450 ml - melk (of die helfte melk en die helfte room)
- 6 - malvalekkers
Metode
Ons ideale kombinasie: ’n glas hiervan, grondboontjieblokkies en ’n mooi boek.
Plaas die sjokolade en melk (of melk en room) in ’n klein kastrol en roer oor lae hitte totdat die sjokolade gesmelt het en die melk net-net onder kookpunt is. Moet dit nie laat kook nie, want die sjokolade sal brand. Skink die drankie in bekers en plaas die malvalekkers bo-op.