Wildsfilet met mosterd

akkreditasie
Sit die filet voor met romerige polenta en ’n verskeidenheid gebraaide sampioene wat met kruie gegeur is. Diegene wat hou van ’n sous, kan ’n sampioensous maak.

Genoeg vir: 6 porsies

Bereidingstyd: 15 minute

Oondtemperatuur: 220 °C

Gaarmaaktyd: 15 minute

Bestanddele

  • ’n koedoe-, wildebees-, gemsbok- of springbokfilet van sowat 1 kg, senings verwyder
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • olyfolie
  • korrelmosterd

Só maak jy

1 Vou die dun punt van die filet terug en bind die vleis op 25 mm-intervalle vas met tou. Geur die filet oraloor met sout en varsgemaalde swartpeper. Verhit olyfolie in ’n braaipan en braai die filet vinnig oor hoë hitte tot goudbruin oraloor. Haal die vleis uit die pan en hou dit eenkant tot koud genoeg om te hanteer. Vryf die korrelmosterd oor die hele stuk vleis. Voorverhit die oond.

2 Plaas die filet op die rakkie van ’n oondroosterpan en rooster dit vir 10–15 minute tot mediumgaar. Laat rus dit vir ’n paar minute en sny die vleis dan in dik skywe om voor te sit.

Wenk

Om ekstra geur aan ’n wildsfilet te gee is dit goed om die filet in netvet toe te draai. Ek sou dan die vleis met sout en swartpeper geur en die korrelmosterd oorsmeer voordat ek die filet in die vet toedraai, en dit dan in die pan bruin braai voordat dit oond toe gaan.

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees