book-icon Uitgawe Oktober 2020

Yskaspiekel met jenewer

akkreditasie

Ek geur die witwynasyn met jenewerbessies en suurlemoenskil as ’n ode aan alkoholiese jenewer, maar jy kan dit uitlaat as dit nie in jou spens is nie.

1 Sny die komkommers in die lengte in kwarte en sny die pitte uit; sny dan die res in julienne-repies. Sny die radyse en vinkel in dun skyfes. Vryf nou die groente goed in met die suiker en sout en laat staan dit vir 30 minute in ’n vergiettes. Druk droog. Jy kan die groente versigtig afspoel, maar pasop dat dit weer waterig raak.

2 Verhit intussen al die bestanddele vir die pekelmengsel saam totdat die suiker opgelos is, maar moenie dat dit kook nie. Laat die mengsel afkoel tot kamertemperatuur en giet dit dan oor die gedreineerde groente. Laat staan 1 uur in die yskas voor jy weglê.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees