Yskastert met gemmerkoekies

akkreditasie
Jy kan dié yskastert ook met ’n koekiekors in blokkies voorsit.
Jy kan dié yskastert ook met ’n koekiekors in blokkies voorsit.
Bereidingstyd: 35 minute
Porsies: 6–8 porsies
Gaarmaaktyd: geen
Bestanddele
  • - vars vrugte soos aarbeie, kiwivrug, mango en bessies
  • 1 houer (230g) - mediumvet-roomkaas
  • - gerasperde skil van 1 lemoen en 1 suurlemoen
  • 125 ml - suurlemoensap
  • 125 ml - Orley Whip
  • 1 - blik kondensmelk
  • 8 - gemmerkoekies, gekrummel
Metode
Jy kan dié yskastert ook met ’n koekiekors in ’n plat bak maak en in blokkies voorsit.

1. Klits die roomkaas tot net glad. Voeg die kondensmelk, suurlemoensap en die lemoen- en suurlemoenskil by en klits tot net gemeng. Giet die Orley Whip in ’n aparte bak, klits tot stywe punte vorm en vou dit by die kondensmelkmengsel in.

2. Skep nou ’n teelepel vol koekiekrummels onder in 6 mooi mengeldrankieglase of bakkies, rangskik ’n dun lagie vrugte bo-op, gevolg deur ’n groot skep kaasmengsel. Herhaal tot die glase vol is. Sit in die yskas tot jy gereed is om dit voor te sit.

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees