Drie redes waarom jou sekuriteitsligte sonaangedrewe moet wees

akkreditasie
Eurolux se nuwe reeks sonkrag-sekuriteitsligte skyn net so helder soos elektriese ligte en sal jou erf belig selfs wanneer beurtkrag inskop

GEBORG: Sekuriteitsligte maak ’n belangrike deel van enige beligtingsplan vir jou erf uit. Dit keer donker hoekies waar inbrekers kan skuil en maak jou huis dus vir boewe minder aantreklik. Met ’n soms onbetroubare beurtkragskedule en stygende kragtariewe maak dit net sin om in sonkrag te belê. Hier is drie redes waarom jy Eurolux se nuwe reeks sonaangedrewe hoëlumen-sekuriteitsligte moet oorweeg.

1. Net so helder soos elektriese lig

Wanneer jy ligte vir veiligheidsdoeleindes aanbring, moet hulle helder en betroubaar wees sodat die regte plekke om jou huis verlig word. Vir sommige mense beteken dit die ligte moet heelnag aan wees, vir ander net as daar beweging op die erf is. In die vroeë dae van sonkrag- tegnologie was die algemene probleem dat sonaangedrewe ligte nie so helder soos elektriese ligte geskyn het nie. Maar vooruitgang beteken dat ’n sonaangedrewe sekuriteitslig deesdae ’n baie helder lig kan verskaf. Elke lig in Eurolux se nuwe reeks spog met ’n hoë lumenwaarde (die hoeveelheid lig wat per sekonde uitgestraal word), wat verseker dat daar helder lig sal wees wanneer jy dit die nodigste het. Jy kan ook kies tussen ligte wat heelnag aanbly en dié wat met ’n bewegingsensor werk. Daarby het meeste lampies in die reeks ’n leeftyd van 35 000 uur – jy hoef dus nie bekommerd te wees dat jy hulle gereeld sal moet vervang nie.

2. Geen kabels beteken maklike installasie

Dis maklik om dié reeks sonligte te installeer, want daar is geen kabels nie. Met tradisionele sekuriteitsligte sou jy ’n kabelsloot moes grawe, maar met sonligte is dit nie nodig nie. Dit beteken ook jy kan kreatief raak met die plasing van die ligte omdat dit nie naby ’n kragbron hoef te wees nie (en daarom ook verder van die huis af kan wees). Al waarvan jy seker moet maak, is dat dit in die dag genoeg son kry. En om dit te onderhou is maklik. Stuifmeel, stof en vuilgoed beland soms op die sonpaneel en keer dat die lig ten volle laai. Vee dit net met ’n lappie af en siedaar! Die lig werk weer.

3. Dis gemaak van duursame stowwe

Sonligte is duursaam en gemaak om langtermyn- blootstelling aan die elemente te weerstaan. Eurolux se reeks is gemaak van ’n verskeidenheid sterk materiale soos aluminium-allooi en polikarbonaat of ABS. Hulle het ’n gradering van IP65 (dus besonder bestand teen stof en water) en sal selfs in uiterste temperature en nat weer goed werk.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees