Deel

Klein veranderinge maak ’n groot verskil in dié eetkamer

akkreditasie
’n Paar klein veranderinge gee nuwe lewe aan dié vaal eetkamer.

Voor

In die meeste Suid-Afrikaanse huise is die eetkamer nie net ’n onthaalplek vir gaste nie – dis ook waar gesinslede van mekaar se doen en late verneem en saam eet, waar die kinders hul huiswerk doen en waar die huishoudelike papierwerk gedoen word. Daar’s dus genoeg rede om dié veeldoelige ruimte ook mooi te maak!

Hierdie klein eetarea is deel van ’n oopplan-kombuis-en-eetkamer. Aangesien daar nie plek vir ’n dientafel is nie, staan daar net ’n eettafel en stoele, wat dit ’n saai vertrek gemaak het met ’n groot behoefte aan ’n bietjie persoonlikheid. 

Die transformasie 

’n Helderturkoois fokusmuur (Plascon, kleur Mystic Fog) verskaf ’n spatsel kleur en dien as palet vir bykomstighede. ’n Voile-gordyn van Biggie Best voor die skuifdeur na die braaikamer laat die uitsig daarop effens vervaag, terwyl dit ook die harde lyne in die vertrek versag. 

Die groot spieël agter die tafel het die reeds lang vertrek nog langer laat lyk, daarom is dit met ’n eenvoudige lys vervang waarop familieportrette nou trots uitgestal word. Eers is ’n houtbalkie aan die muur vasgeskroef, waarna dit met ’n houtprofiel van Build It afgerond is. Laastens is die lys met twee lae Annie
Sloan Chalk Paint (kleur Graphite) geverf.

’n Versameling rame gee trefkrag aan ’n fokusmuur, terwyl kleurfoto’s tussen die swart-en-wit portrette vir spatsels kleur hier en daar sorg. 

Die tafel is dwars gedraai ter wille van meer beweegruimte, en ’n treffende afdruk is teen die turkoois muur gehang om die soliede kleur te breek. ’n Wit kandelaar met enkele delikate kristalle bo die tafel voltooi die prentjie. 

Spaar so
Deur self in te spring en die meeste van die werk met jou eie hande te doen, hou jy kostes laag. 

Vintage Flora-loper, Lisa Firer-gewelvaas, Lisa Firer- kantbord en turkoois Crackle Tall Bird-botte van Mr Price Home; glasvaas met silwer rand en twee silwer rame van Biggie Best; verweerde groen raam, Nerf-Af  

Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees