book-icon Uitgawe September 2020

Laat wiel! Dié wa is ’n prettige blyplek vir gaste

akkreditasie
Die dak is gewelf soos ’n tradisionele sigeunerwa en het ’n effense oorhang voor en agter. Strukturele dennehout is vir die dakbalke en raam gebruik, en mariene laaghout vir die binnemure. Die buitemure en plafon is van tong-en-groefdennehout. In ooreenstemming met die outentieke ontwerp het Andrew selfs die trekstange (die wit houtpale weerskante van die trap) gemaak waaraan ’n perd ingespan sou word om die wa te trek. Hier is dit net dekoratief. Die wiele, ook net vir die mooi, is van meranti. Die buitekant is geverf met Duram se waterbasis-emaljeverf vir buitegebruik in White, Berkshire Green (donkergroen), Valentina Valley (liggroen) en Sandy Smile (pienk). Die trap kan van die wa afgehaak word.

Foto’s Amora Erasmus | Stilering Marian van Wyk

Wanneer Andrew en Karin Yates terugdink aan die verwoestende brande wat in 2017 deur Knysna en die omgewing gewoed het, kan hulle net dankbaar wees. Dit was ’n wonderwerk dat hul huis bly staan het.

Maar die verterende vlamme het nogtans ’n losstaande houthuisie, waar gaste altyd oorgebly het, op hul hoewe van 10 ha verswelg. Heelparty bome is ook tot as verbrand. “Met die pragtige boswêreld daarmee heen, wou ons seker maak ons nuwe gasteblyplek is iets besonders,” verduidelik Andrew, ’n afgetrede meganiese ingenieur.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees