
Foto’s Francois Oberholster en Peter Rimell
Voor
Die Neilsons, Johané, klein Zac en pa Allister, is dol oor hul nuwe tuin.
Ons het Tuis se kosredakteur, Johané Neilson, se oorspronklike stoepopknap in 2014 se Werf gewys. In laas jaar se uitgawe het die tuinontwerper Pietman Diener sy plan gedeel oor wat sy en haar man, Allister, met die res van dié deel moet doen. En hier is die eindproduk – perfek vir klein Zac wat intussen sy opwagting gemaak het!
1 Die bure se pragtige doringboom wat skadu gooi oor die muur, het veroorsaak dat die gras ál yler gegroei en stadigaan begin doodgaan het. Daarom is die agterplaas in twee verdeel: ’n versierde sementblad waar die Neilsons kan braai, ’n tafel staanmaak en kuier, en ’n lappie kunsgras (sowat 20 m²) verder aan. Nadat die kunsgras geïnstalleer is, is dit netjies afgerond met ’n keisteen-omranding waar dit die Vibracrete-muur ontmoet.
Dié granaatboom was een van Johané se eerste aankope toe hulle in 2012 die huis gekoop het. Dit was in ’n pot in die voortuin, maar vorm nou ’n mooi fokuspunt aan die onderpunt van dié hoekie. “Die agterplaas is nie ’n perfekte reghoek nie en om die skewe lyne te versag het ons gekies om die boom met ’n sirkel stene af te rond,” verduidelik sy.
Voor
Voor Die nuwe sementblad sluit aan by die bestaande stoep. Om die voorkoms van ’n mat na te boots en om die meeste trefkrag uit net 2 m² blou patroonteëls te kry, is dit omraam met rooi plaveistene en dieselfde grys keistene wat in die bedding-omrandings gebruik is. ’n Plantbak van rou bakstene en wit boograme versag die Vibracrete.Teëls van World of Decorative Concrete; plaveistene en terracottapotte van Stodels
3 Vir kleur en eenvormigheid is die dekoratiewe teëls op die twee trappies na die nuwe sementblad herhaal. Maar dit het ook ’n ander doel: Daar was ’n onooglike kraak op die stoep se rand. Om die nuwe teëls te lê moes die hele stoep ’n nuwe sementlagie kry, wat toe sommer die kraak kon toemaak.
4 Vir privaatheid op die bestaande stoepie en om die Vibracrete weg te steek het die Neilsons die bure se toestemming gekry om dit af te skerm. Dis met Nutec beklee en wit geverf soos die ander stoepmure. Allister het die staalstaander gemaak. Wanneer die jasmyn mooi groot is, sal dit die “las” by die Vibracrete versag.
5 ’n Sakpas-plan om Vibracrete te verdoesel is om ’n hout-raamwerk daarteen vas te sit vir ’n rankplant soos ’n grenadella. Verf dit dieselfde kleur as die muur vir beskerming en om dit weerbestand te maak. Al die beddings in die tuin is gedefinieer met ’n ry grys steentjies; dit is regop staangemaak om die beddings net effens te lig.
Oorspronklik sou Allister net twee muurpanele agter Zac se speehuisie met swartbordverf bedek sodat hy daarop kan teken, maar daar het verf oorgebly en kort voor lank was die res ook swart! Dit laat die dekoratiewe wit boograme bo die geboude bedding mooi uitstaan sodat die mure eenvoudig wegsmelt.
1 Kruipvy (Ficus pumila)
2 Afrikaners (Tagetes erecta)
3 Swartoognooi (Thunbergia alata)
4 Verskeie malvas (Pelargonium-spp.)
5 Grenadella en gesiggies (Viola-hibriede)
6 Granaatboom
7 ‘Blossom Magic’-rankroos
8 ‘Tuis’-roos
9 Pikantrissie en gesiggies
10 Pienk malva
11 Origanum en salie
12 Roosmaryn
13 Appelliefie
14 Pandorea jasminoides
15 Verskeidenheid vetplante en bolle
2 Maak ’n groentetuin
Ton en Christine Veen
Rankrame en plante van Aspidistra Tuinsentrum; gruis en plaveisel van Cape Garden; klippe en stene van Melvins Transport; bykomstighede van Odds & Ends
Christine en Ton Veen geniet die lafenis wat hul groot tuin in Somerset-Wes hulle bied. En sedert hulle ’n smal, onbenutte lappie gras langs hul huis in ’n kombuistuin omskep het, is die varsheid van ’n paar sonryp tamaties of ’n takkie pietersielie vir hulle ’n kosbare kleinood.Die projek
Voor Die grasperk waar die groentetuin sou kom, was reeds onder besproeiing. Daarom het Christine en Ton hul eetbare tuin rondom die bestaande besproeiingstelsel beplan – dit sou minder werk beteken én koste bespaar. Eers het hul tuinier, Gibson Msipha, die gras stuk-stuk uitgehaal en die grond voorberei deur die grootste klippe te verwyder en onkruid uit te trek.
2 Volgende was die beddings. “Ons het sowat 25 sakke kompos gekoop en in die grond ingewerk,” vertel Christine. “Want vrugbare grond en die voorbereiding is van kardinale belang.” Sy het juis haar eie komposhoop begin sodat sy in die komende jare haar eie kompos vir nuwe groente-aanplantings kan gebruik.
3 Die Veens het baie steierplanke en houtpale oorgehad van vorige projekte. Al dié weggooigoed is herwin. “Ons het begin uitpak en sorteer om voorraad te neem van alles wat ons ’n tweede kans kon gee. Toe het Ton en Gibson die groentebokse gebou uit al die bruikbare pale en planke.”
4 Nadat al die beddings uitgelê is, kon Christine en Gibson begin plant; daarna het hulle saam die plaveistene vir die voetpaadjies gelê.
1 Spinasie
2 Beet
3 Blaarslaai
4 Seldery
5 Sprietuie
6 Pronkertjies
7 Rooikool
8 Blomkool
9 Koljander
10 Pietersielie
11 Tamaties
12 Laventel
13 Vingerhoedjies
14 Wortels
15 Preie
16 Aarbeie
17 Groen soetrissies
Daar is ook twee roos-akasiabome (Robinia hispida), wat in die somer pragtige pienk blomme dra
Aspidistra Tuinsentrum 021 881 3494
Cape Garden 021 855 0334
Melvins Transport 021 842 3775
Odds & Ends 021 851 8267
3 Plaveiblokke en klippers
Vir skadu is ’n boom gekies wat nie te groot word nie – die Chinese esdoring (Acer buergerianum). Leiklip van Mazista; plaveistene van Revelstone en Smartstone
GROOTTE 120 m²
Mike Grantham se agterplaas was eintlik net ’n lap gras, met beddings teen die grensmuur. Hy hou van ’n kothuisstyl, met baie kleur, maar omdat die tuin baie oggendson kry, moes hy die plante versigtig kies. Met die hulp van Wouter Kruidenier van De Kruidenier Eksklusiewe Tuine is die volgende veranderings gemaak:
Voor
1 Eers is die tuin in seksies verdeel. Die grasperk is nou merkbaar kleiner, met verskillende opsies om die grond te bedek: ’n paadjie van stapblokke in ’n aantreklike patroon, gruisklip rondom die stoep, ekstra beddings met waterwys plante, asook ’n klein dek heel agter.
2 Mike wou ’n lae skeidsmuur hê wat ook as sitplek kon dien. Wouter het aanbeveel dat die muur so geplaas word dat volgende eienaars ’n klein swembad kan insit, sou hulle wou. Die skeidsmuur is met leiklip afgewerk, ’n verdere dekoratiewe element in die tuin. Agter die muur is onder meer tiemie, roosmaryn, pietersielie en Tradescantia pallida geplant om ’n informele voorkoms te skep en die plaveisel te versag.
3 Vir kleur het Wouter ’n groot verskeidenheid plante regdeur die tuin gebruik. Almal aard goed in oggendson, hoewel party ook goed sal groei in meer son. “Veral plante met ’n besonderse blaarkleur, soos die pers Tradescantia en silwergrys Senecio cineraria, help met kleur en kontras. Kombineer dit met groen blare om die kleur te beklemtoon,” is Wouter se raad.
1 Persblaarkersiepruim (Prunus cerasifera ‘Nigra’)
2 Tradescantia pallida
3 Spikkelblaarkasuur (Pittosporum tenuifolium ‘Garettii’)
4 Sneeubos (Breynia disticha)
5 Ficus ‘Gold King’
6 Senecio cineraria
7 Spoorsalie (Plectranthus madagascariensis ‘Variegatus’)
8 Inkalelie (Alstroemeria)
9 Koringblommetjie (Scabiosa africana)
10 Echeveria
11 Duranta ‘Sapphire Showers’
12 Plectranthus ‘Mona Lavender’
13 Odontonema met sy opvallende rooi blomme
14 Bougainvillea
15 Euphorbia tirucalli
16 Crassula multicava ‘Maroon’
17 Hibiscus ‘Double Pink’
18 Lamium maculatum ‘Beacon Silver’
19 Phormium ‘Yellow Wave’
20 Strobilanthes anisophyllus
21 Artemisia ‘Powis Castle’
22 Ajuga reptans ‘Atropurpurea’
23 Dodonaea viscosa ‘Purpurea’
24 Acer buergerianum
25 Buxus sempervirens ‘Faulkner’
26 Syzygium paniculatum
De Kruidenier Eksklusiewe Tuine
Revelstone 021 761 9739
Smartstone 011 310 1161
Skets Robert Schultheiss, Out of the Blue Creative Communications