En watter slim – en mooi! – planne is dit nie. Dis wat ons weer verlede jaar gesien het in ons Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo – for water, for life! Van die huise en ruimtes het ons al gewys, want ons kon net nie wag nie. Maar hier is die 2022-kompetisie se bestes nou, met ’n paar foto’s van dié wat nog nie in die tydskrif was nie (iets om na uit te sien in volgende uitgawes).
Al hierdie huiseienaars mag maar spog met wat hulle uitgerig het, en die wenners sal in Februarie by ’n gala-geleentheid in die swierige Mount Nelson-hotel in Kaapstad vereer word.
WIE Pieter Hoffman