book-icon Uitgawe April 2022

Regruk met Flair is terug: Skryf jou projek in & wen!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dis weer sulke tyd! Vanjaar se prysgeld in ons Regruk met Flair-kompetisie beloop weer altesaam R100 000 in drie kategorieë. So, waarvoor wag jy? Laat waai en skryf jou projek in – dit kan jou kontant in die sak bring!

Teen dié tyd het jy al die eerste wenhuise uit verlede jaar se Regruk met Flair-kompetisie gesien, en jy moet toegee: Die jaar 2021 het wonderlike projekte deur Tuis|Home-lesers opgelewer. Kan jy daarop verbeter en in 2022 ’n kontantprys met jou opknapprojek losslaan? 

JoJo, Suid-Afrika se voorste maatskappy as dit kom by oplossings vir water in jou huis, is weer ons vennoot en hoofborg. Die rede is eenvoudig: Wanneer jy jou opknap begin beplan, dink heel eerste aan water! 

Hoewel die naam JoJo sinoniem is met watertenks vir die tuin, voorsien hulle ook ’n reeks pompe, waterfilters en ander toerusting om reënwater veilig op te vang en in jou huis te gebruik. Of jy nou die munisipale toevoer wil aanvul, óf ’n geïntegreerde stelsel wil hê, JoJo het die oplossing en sal seker maak dat jy ononderbroke toegang tot water het. En nog innoverende oplossings kom deur die jaar; hou Tuis dop. #MakeYourHomeJoJo.

DIE 3 KATEGORIEË...


Kyk na die kategorieë hieronder, besluit watter een die beste pas by jou projek en stuur jou foto’s!

1. SELF GEDOEN 

Hierdie kategorie is vir die kranige selfdoener wat 50% van die werk self kafgedraf het. As jy dus nie skrik vir mure uitkap en nuwe teëls lê nie, laat waai! Jy moet ’n koste-ontleding voorlê en wys wat jy met jou eie twee hande gedoen het. 

2. BUITE DIE BOKS

As jy jouself beskou as iemand wat vernuwend kan dink, is hierdie kategorie vir jou. Dit kan enigiets van ’n eko-huis of blyplek op wiele tot ’n buitekombuis behels. En maak nie saak of jy self gebou of net die projek bestuur het nie, skryf hier in.

3. O,SO MOOI!

Het jy tien duime en is vrekbang vir hamers en bore, maar jy het ’n lieflike opknap bestuur en daarvoor betaal? Oorweeg dan hierdie opsie. Jy kan vir die prys in aanmerking kom selfs alhet ’n kontrakteur 100% van die fisiese werk gedoen. 

DIE PRYSE

Altesaam R100 000 kontant is op die spel: Die wenner in elke kategorie sal R25 000 ontvang. Die naaswenner in elke kategorie kry R5 000. Die top 9-deelnemers kry R1 000 elk. En een gunsteling, op grond van leserstemme, ontvang R1 000 kontant.

SKRYF SÓ IN 

Gaan na fixit.tuis.co.za en volg die aanwysings. 

SLUITINGSDATUM 2 Junie 2022

Bepalings en voorwaardes geld; kry dit aanlyn by fixit.tuis.co.za.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees