Regruk met Flair: R100 000 se pryse op die spel

akkreditasie
Dié kompetisie is vir enige opknapper, maak nie saak hoe groen of hoe gekonfyt nie. Boonop kan jy jou deel van R100 000 losslaan!

Ons immergewilde Regruk met Flair-kompetisie is terug – met JoJo, SA se voorste verskaffer van huishoudelike waterstelsels, as die hoofborg. Hoewel die naam JoJo met watertenks vir tuingebruik vereenselwig word, verskaf hulle ook waterfilters vir huisgebruik sodat jy altyd skoon, veilige water kan geniet wat ook lekker smaak. So, wanneer jy weer huis opknap, JoJo jou huis!

Die opwindende Regruk met Flair-kompetisie, ’n hoogtepunt op die Tuis-kalender, gee ons lesers die kans om met hul eie regrukprojekte te spog. Kyk na die kategorieë hieronder, besluit watter een die beste by jou projek pas en stuur jou foto’s. Wie weet – dalk word jy gekroon as een van ons Opknappers van die Jaar vir 2021!

Daar is drie kategorieë:

1 SELF GEDOEN

Hierdie kategorie is vir die kranige selfdoener wat 50% van die werk self kafgedraf het. As jy dus nie skrik vir mure uitkap en nuwe teëls lê nie, laat waai! Jy moet ’n koste-ontleding voorlê en wys wat jy met jou eie twee hande gedoen het.

2 BUITE DIE BOKS

As jy jouself beskou as iemand wat vernuwend kan dink, is hierdie kategorie vir jou. Dit kan enigiets van ’n eko-huis of blyplek op wiele tot ’n buitekombuis behels. En maak nie saak of jy self gebou of net die projek bestuur het nie, skryf hier in.

3 O, SO MOOI

Is jy die ene duime en vrekbang vir hamers en bore, maar jy het ’n lieflike opknap bestuur en daarvoor betaal? Oorweeg dan hierdie opsie. Jy kan vir die prys in aanmerking kom selfs al het ’n kontrakteur 100% van die fisiese werk gedoen.

DIE PRYSE

Altesaam R100 000 kontant is op die spel: Die wenner in elke kategorie sal R25 000 ontvang. Die naaswenner in elke kategorie kry R5 000. Die top 9-deelnemers kry R1 000 elk. En een gunsteling, op grond van leserstemme, ontvang R1 000 kontant.

SKRYF SÓ IN

Gaan na fixit.tuis.co.za en volg die aanwysings.

SLUITINGSDATUM 23 Julie 2021


Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees