Yorgos, die eienaar, het vooraf gewaarsku: “There will be noise. Maybe I find you different place.” Maar ek ken die herberg met sy uitsig oor die Egeïese see en die kerkklok van die Grieks-Ortodokse kerk links voor wat drie keer weeïg lui as iemand in die dorpie die lewe groet.
“We don’t mind noise,” sê ek vir Yorgos, en ons bevestig die bespreking.
Die herberg het ’n gemeenskaplike kombuis en soggens is dié bymekaarkomplek ’n geroesemoes van stemme en gelag. En lepels wat teen koppies en bakkies se rande klingel.