book-icon Uitgawe Desember 2021 | Januarie 2022

In Desember | Januarie se Tuis...

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

My goeie vriendin Lindi vier haar vyftigste en ons trek saam in St. Helenabaai, in ’n huis reg teen die see. Dit voel soos vakansie by ’n eksotiese bestemming. Die kinders swem en ry kano, die meeue jag baldadig in die vlak water van die baai.

Vrydag reën dit vlae water. Maar Saterdagoggend begin dit ooptrek, en teen skemeraand is die weer perfek. Ons sit in ’n kring om die vuur voor die huis, ons tone in die sand. Die branders rol in met musikale reëlmaat.“Hoor jy, dit klink soos Griekeland,” sê iemand, “so ’n sagte geklots.” Sowaar ja, dis nie die raserige branders waaraan ons aan die Kaapse kus gewoond is nie; waar die suidooster die golwe so geniepsig kan aanjaag. 

Onverwags kom die boodskap deur – beurtkrag om 22:00. Ons skarrel om als reg te kry vir aandete. Almal kry hul sit, stook die vuur vir lig én warmte.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees