book-icon Uitgawe Oktober | November 2021

In Oktober | November se Tuis...

akkreditasie

Ek het ’n nuwe aanneemhond. Sy naam is Knapie en hy is obsessief oor die bougainvillea teen die grensmuur in my agterplaas. Dit was ’n nare sameloop van omstandighede wat tot dié obsessie gelei het: ’n rondloperkat wat op Knapie se eerste dag tuis in die bougainvillea vir hom sit en sis het, en sedertdien is dié struik vir hom sinoniem met dreigende gevaar.

As ek die agterdeur oopmaak, bestorm Knapie die boom – so driftig dat die bougainvillea se stam nou al nerf-af en merkbaar dunner is van sy skerp tandjies. 

Die Kaap het die natste en langste winter in jare gehad, en eendag toe Knapie weer uitstorm om die boom te byt, sak ’n tweede reën uit die blare op hom neer. Kort tevore het dit gesous, en die blare was nog goed nat. ’n Paar weke lank het dit sy spoed gebreek en was die mannetjie skugter vir die bougainvillea. Maar noudat die lente hier is en die blare droog, is Knapie weer voluit op die oorlogspad.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees