Ons toergids is ’n eietydse Griekse god. Die vroue swymel. Sy glimlag is ’n tandepasta-advertensie en hy draf die bult na die uitkykpunt lag-lag uit terwyl die res van ons hygend agterna strompel.
Indrukwekkend, dink ek.
Maar toe maak die man sy mond oop, en dit blyk hy sit die bod nog hoër in: Hy praat sewe tale vlot. Die woorde val soet soos baklava uit sy mond. Hy glip tussen Grieks, Italiaans, Frans, Engels ... Ek kan die ander tale nie eens onthou nie; dis asof hy Google Translate ingesluk het. ’n Ware poliglot.