Om ’n man te sien wat huil, dít kan ek nie.
Ek is gewoon nie sterk genoeg daarvoor nie.
Verstaan my mooi: Trane is trane, van wie ook al. Verdriet weeg vir ons almal ewe swaar. En tog is mannetrane skaarser, dalk oor ’n tydperk opgedam voordat dit – soms by slegs die teerste aanraking – deur die gestaalde skanse beur.