book-icon Uitgawe September 2021

Die tuinkenner JJ van Rensburg gee raad

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Lauren Addison van Salt Rock skryf: My sterjasmyn het altyd gedy, maar ek het verlede jaar minstens ses plante binne enkele maande verloor. Die blare, wat groen moet wees, het pragtig rooi verkleur en toe afgeval of opgedroog. Ek het gedink hulle het droogte gely in die winter, maar die probleem het deur die somer voortgeduur. Ek het die dooie plante met nuwes vervang, maar merk dat ook dié se blare nou rooi word. Toe ek vermoed rooispinnekop of miere is die oorsaak, het ek gespuit, maar verniet. Het jy asseblief raad?

JJ antwoord: Ja-nee, blare wat rooi verkleur, is gewoonlik ’n teken van ’n tekort aan water; die grond kan ook te gou uitdroog. Plante van ’n kwekery kom meestal in ’n sak met goeie potgrond.

Namate die wortels ontwikkel, kan dit deur die potgrond groei tot in sanderige grond waar hulle gouer sal uitdroog. Indien dit in die somer gebeur en plante met onderontwikkelde wortelstelsels kry erge hitte, is die negatiewe uitwerking daarvan gou sigbaar. Vervang die grond, voeg kompos by en herplant jou sterjasmyn. Sny in die proses ook sowat 20% van die plant af – dit sal die wortels ’n hupstoot gee. En voed al om die ander maand met ’n stikstofryke bemesting soos 7:1:3. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees