Louretta Brand van Bettysbaai skryf: Ek het die artikel “Oerwoud tussen mure” in jul Augustus 2021-uitgawe terdeë geniet, maar verlang nog inligting oor plae en siektes by huisplante. Een van my plante is bedek met iets sag en wit wat ek met die hand kan afvee. Ek vermoed dis ’n luis, maar nie die Australiese wolluis nie. Hoe raak ek daarvan ontslae?
JJ antwoord: Dis waarskynlik gewone wolluise – dit lyk soos wit watte en is taamlik taai. Die meeste insekdoders vir gebruik binnenshuis, soos Efekto se Garden Gun, behoort 99% van die plae by huisplante in toom te hou. Ek stel ook voor dat jy ’n sistemiese middel soos Complete 350SC in water toedien om die plant van binne te behandel. Onthou net om die vertrek goed te belug nadat enige insekdoders daar gebruik is.