book-icon Uitgawe Mei l Junie 2021

JJ van Rensburg gee raad oor peste

akkreditasie

Elna Keeve van Malelane skryf Wat kan ek doen om van dié verpesting op my heiningplante ontslae te raak? Ek het al Aphicide Plus gespuit, maar daar is erg aangetaste wit dele op die plante. Wat is dit en wat beveel jy aan?

JJ antwoord Dis wolluise wat jou plante aangetas het. Een ding van Aphicide Plus is dat jy dit nie (soos gewone Aphicide) aanspuit nie, maar toedien deur die grond met ’n oplossing daarvan te deurweek – dit het geen uitwerking as jy dit aanspuit nie. Die beste raad teen wolluise is egter Malasol. Dis nie sistemies nie, daarom moet jy sorg dat jy dit direk op die insekte en in die voue van die blare spuit. Herhaal die behandeling ná ’n week of wat.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees