book-icon Uitgawe Oktober | November 2021

Dié Engelse tuin in KZN het kleur dwarsdeur die jaar!

akkreditasie

Foto’s Sally Chance

Isabel en Mike Johnston het hul groot eiendom met ’n gevestigde tuin en groot bome in April 1981 gekoop. Veertig jaar later is die ou inheemse boomvarings, kleurvolle asaleaheinings en groot magnoliabome steeds fokuspunte in dié tuin. Mike is byna twintig jaar gelede oorlede, maar Isabel maak nog elke dag hier tuin.

“Mike het baie inheemse bome op ons oostelike grens geplant. Daar staan vandag onder meer Natalvy (Ficus natalensis), rooiessenhout (Trichilia emetica), notsung (Halleria lucida), wildeperske (Kiggelaria africana) en witstinkhout (Celtis africana). Al die bome het ongelooflik gegroei en sorg vir skaduwee en ’n paradys vir talle wilde voëls. Die onderbos is beplant met blouklokkies-bos (Mackaya bella), asaleas en verskeie spoorsalies (Plectranthus) wat in April en Mei pragtig blom. Gruispaadjies loop deur die woudtuin en Streptocarpus, Saxifraga stolonifera, Engelse sleutelblom (Polyanthus vulgaris), feetjieprimula, grasklokkies, sneeuvlokkies en nooienshaarvarings bedek die woudvloer,” vertel Isabel. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees