Foto’s Elza Cooper
Terwyl die Merbold-gesin in 2010 besig was met die opknap van hul ouderwetse huis in Pretoria, het die indrukwekkende gedaantewisseling hulle laat besef dat die tuin en werf ook dringend aandag kort. Maar die koste van die opknap het sy tol geëis.
“Ons het heelwat werk aan die huis gedoen; ek het selfs my praktyk op die eiendom gevestig,” sê Rouxlene, ’n mediese dokter en eienaar van Rejive Skin & Body Clinic. “Toe stel my man voor ons herstel eers van die uitgawes wat ons tydens die 10 maande lange opknap aangegaan het!” Twee jaar later was hulle gereed vir die volgende transformasie.