Foto’s Francois Oberholster
Boslelies, varings, en Bernice se orgideë wat wintertyd blom, groei in die skadukant van haar tuin.
In ’n buurt wat oorspronklik deel was van die Groot Constantia-landgoed bewys Bernice van der Merwe dat min tuinspasie jou nie aan bande hoef te lê nie.