book-icon Uitgawe Augustus 2020
Deel

’n Snyblomboer in die Karoo verklap haar wenke

akkreditasie
Sophia tussen rye dahlias. Sy het eers net rose op hul erf op Murraysburg gekweek, maar namate haar besigheid uitgebrei het, het sy op versoek van bloemiste en bruide begin om ’n verskeidenheid snyblomme te kweek. Buiten rose het sy sowat 2 500 dahlias, talle soorte sonneblomme, ’n verskeidenheid jakobregoppe en honderde kosmosse. Sy plant ook sowat 1 500 affodilbolle, 10 000 renonkels en meer as 3 000 anemone, wat almal in die lente blom.

Foto’s Francois Oberholster

Sophia van Heerden van Murraysburg in die Karoo skrik nie vir moue oprol nie. Dis dié dat sy in minder as drie jaar meer as 10 000 roosbome en rye vol eenjarige blomplante op voorheen kaal erwe in hierdie warm Karoo-dorp aan die groei kon kry.

“Dit was harde werk,” vertel sy. “Aan die begin het ek alles self gedoen. Die roosbome geplant, dit bemes, gespuit, rose gepluk en dit in bosse opgemaak. Menige keer het ek tot watter tyd in die nag nog gewerk; daar was net te min ure in die dag om alles gedoen te kry. Namate my besigheid uitgebrei het, het ek mense gekry om my te help.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees