Foto’s Elza Cooper
Die liggroen blare van ’n beesklou (Bauhinia natalensis) kontrasteer pragtig met die kruipvy (Ficus pumila) teen die ou klipmure. Clivias en seeroogblommetjies (Hypoestes aristata) floreer langs die paadjie.
Hoewel die tuin meestal ’n informele voorkoms het, soos dié beddings langs ’n klippaadjie, hou Rocco ook van meer formele tuinelemente, soos vormgesnoeide struike. In dié tuin is blousyselbos (Plumbago), Kaapse kanferfoelie (Tecomaria capensis) en beesklou (Bauhinia natalensis) voorbeelde daarvan. Hy’s ook baie opgewonde oor die eerste appelkoos- boom wat hy geëspalieer het volgens die tradisionele metode om ’n houtagtige plant in ’n tweedimensionele formele patroon op te lei.