book-icon Uitgawe Desember 2021 | Januarie 2022

Verkyk jou aan ’n kleurryke landskap met formele en informele elemente in harmonie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jeandri Streicher

Waar Karin du Plessis se pragtige tuin nou is, was daar 20 jaar gelede, toe hulle die huis gebou het, nie eens ’n boom nie. “Hier was net klip,” vertel sy. “Ons het die groot rotse met ’n slootgraaf laat verwyder en ’n paar ton bogrond, kompos en ryk kleigrond ingery.

Die grond was pure sand.” Die harde elemente, soos die 15 m lange dam, is tydens die bouproses ingesit. Wanneer ’n mens by die voordeur instap, lok die dam jou deur die huis tot in die tuin. Die Du Plessis’s het begin tuinmaak deur ’n klomp klein bome te plant; daarna het hulle op die deel rondom die dam gefokus.

“Ons was gelukkig om die 40 jaar oue olyfbome wat die dam omraam by ’n boer van die omgewing te kry. Dit is korter gesnoei om die vervoer en plant daarvan te vergemaklik.” Aangesien die erf nie vierkantig is nie, het Karin die gedeelte waar sy wou gras plant, in ’n vierkant uitgemerk en met ’n lae plantheining omraam. “Die aanvanklike heining was nie ’n sukses nie; later het ek Euphorbia ‘Diamond Frost’ geplant, wat pragtig is.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees