book-icon Uitgawe Augustus 2021

Volg die kronkelpaadjies tussen honderde bome in ’n woudtuin

akkreditasie
Estelle Hester
Estelle Hester

Foto’s Amora Erasmus

Die Tsitsikamma-streek op die Tuinroete in die Oos-Kaap is sekerlik enige tuinier se droom: Met ’n gemiddelde reënval van sowat 100 mm elke maand hoef jy byna nooit nat te lei nie. Estelle Hester het twintig jaar gelede haar hart op die dorp Stormsrivier verloor toe sy voel die stadslewe maak haar benoud. “Ek het eers drie jaar op ’n plaas buite die dorp gebly en verlief geraak op die koel woude wat mens so ’n magiese gevoel van kalmte gee,” vertel Estelle. In 2005 het sy Stormsrivier haar permanente tuiste gemaak nadat sy ’n ongerepte erf van 4 000 m² sowat 1 km van die sakekern gekoop het. 

Op die erf was daar destyds net twee opregte geelhout-bome (Podocarpus latifolius) en een notsungboom.“Hier was baie aronskelke, wilde varings en so twee groepe uitheemse akasias en die aaklige indringer Lantana,” vertel Estelle. Sy en haar tuinier, Jan Miggels, het op 1 Februarie 2005 begin erf skoonmaak. Presies ’n maand later het die bouery aan haar huis begin, en toe sy in September intrek, was die buffelsgrasperk reeds aangelê en ’n klein visdammetjie voltooi.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees