book-icon Uitgawe Februarie l Maart 2021

Huisplant van die maand: Ficus ‘Bambino’

akkreditasie

Terwyl die groter kultivar ’n taamlike hoogte bereik, bly sy kleinboet kompak – hoogstens 1 m – maar sy blare het dieselfde ongewone vorm. Behalwe dat dit ’n fokusplant is, help die donkergroen leeragtige blare met lugsuiwering. Plaas dit iewers waar dit helder indirekte lig kry; die plant kan ook beperkte oggendson trotseer. Maak nat wanneer die grondoppervlak effens droog voel.

Te veel water of onvoldoende lig kan tot bruin kolle op die blare of blaarverlies lei. In baie warm en droë weer sal die plant ’n fyn newelsproei water waardeer. Voed een keer per maand tydens die groeiseisoen met vloeibare bemesting teen halfsterkte.

KONTAK lvgplant.co.za

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees