book-icon Uitgawe Mei l Junie 2021

Huisplant van die maand: Mini-aronskelk

akkreditasie

Eie aan hul tropiese natuur blom hierdie mini-aronskelke die beste in ’n warm, helder vertrek; dit verdra selfs ’n bietjie oggendson. Hou dit wel weg van verwarmers of lugversorging. Die grond moet klam bly, maar nie sopnat nie, anders kan die risome vrot (geel blare dui op te veel water). Voed een keer per maand met ’n vloeibare misstof en knip dooie blomme uit om nuwes aan te moedig.

As jy wil seker maak die plant blom later weer, hou op natmaak wanneer dit nie meer blom nie, laat die blare afsterf en knip dit op grondvlak af. Maak dan elke paar weke bietjies-bietjies nat om te keer dat die bolle uitdroog. Hou die plant in ’n koel, droë plek en plaas dit ná twee of drie maande weer in ’n helder, warm ruimte.

KONTAK lvgplants.co.za

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees