book-icon Uitgawe Oktober 2020

’n Meerjarige vetplant wat lief is vir sonlig

akkreditasie
Euphorbia trigona 'Rubra'
Euphorbia trigona 'Rubra'

In die tuin groei dit tot ’n 2 m hoë argitektoniese fokusplant. En moenie dat die eksotiese voorkoms jou mislei nie – as huisplant vra dit geen aandag nie.

Kweek dit só In die tuin groei Euphorbia trigona in volson tot halfskadu in grond wat goed dreineer. Dit verduur wel swak grond en droogtetye; laat die grond uitdroog voor jy weer natmaak. In die huis word die plant maklik topswaar weens sy vlak wortelstelsel; bind dit by die bokant aan ’n stut vas of sny die boonste dele af. Nuwe blare sal by die snyplek uitloop. Binnenshuis het dié Euphorbia ’n laer groeiwyse en word volwasse plante net sowat 1 m hoog. Dit vra helder indirekte lig en kan oggendson verduur. Te veel water kan die plante laat omval – blare wat vergeel, is ’n teken dat dit te nat is. Laat die potgrond uitdroog voor jy natmaak. Plant elke twee tot drie jaar oor.

Gebruike in die tuin Kombineer dit as aksent- of fokusplant met ander vetplante, soos aalwyne en bromelias, wat meer son kan verduur. Die opwaartse groeiwyse en rooi blare kontrasteer met grys vetplante en komplementeer dié met rooierige blare. Dis ’n gewilde houerplant buite, maar maak seker die houer dreineer goed.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees