Foto Francois Oberholster
Met sy blinkgroen blare sorg die inheemse duinekraaibessie heeljaar vir ’n mooi vertoning. Hoewel dit as ’n kleinerige boom of groot struik beskou word, kan jy dié plant se hoogte en vorm baie goed beheer deur dit te snoei.
Plant dit in ’n pot of direk in die grond en sny dit soos Bernice in ’n balvorm vir ’n mooi fokuspunt. Met volgehoue groei vorm dit gou ’n digte bal; solank die grond goed dreineer en die plant son kry, sal dit gelukkig wees.