Foto’s Jeandri Streicher
Kies inheems en plant ’n groep pypies (Watsonia-spp.) agterlangs in ’n bedding. Dis nie net maklik om dié bolplante te kweek nie, hulle sorg ook veral in die lente en vroeë somer vir ritse blomme aan lang stele wat bo die swaardvormige blare uitgroei. Die individuele blommetjies op die steel begin stuk-stuk van onder af oopgaan, daarom bly dit lank mooi.