Foto Francois Oberholster
Met sy fyn silwergrys blaartjies is soutbos veelsydig, waterwys en ’n maklike groeier. Jy kan dit as ’n heining, as vormsnoeiplant of, in wilder dele van jou tuin, selfs as ’n grondbedekker inspan. Die grys blaartjies kontrasteer pragtig met ander kleure in die tuin en maak ’n mooi fokuspunt in ’n gesnoeide vorm.
Soutbos groei vinnig, en ’n kreatiewe snoeier sal dit gou na hul hand kan vorm. Vir ’n heining, plant die bosse sowat 30 cm uitmekaar en sny dit van jongs af terug om te verseker dat die plant ook onderlangs toegroei. Met verloop van tyd en gereelde snoeiwerk sal dit ’n digte heining vorm.