book-icon Uitgawe September 2019

Stoepplant: Lavandula angustifolia

akkreditasie
Lok skoenlappers met die pragtige stoepplant.

Lavandula angustifolia ‘Blue Spear’ 

Dié spoggerige Engelse laventel het lang blomare wat regop en na aan mekaar staan sodat dit die indruk van ’n massa blomme skep. Dit lyk mooi in houers en vra helder lig. Die plant kan oggendson verduur en moenie te veel water kry nie; laat die grond effens uitdroog voor jy weer natmaak. Plant dié stoepplant later uit in die tuin as fokuspunt, of in ’n rotstuin of gemengde randakker. Engelse laventel se blomme lok skoenlappers en nektarvretende voëls. Dis ’n goeie pluk-laventel en die lieflike geur maak dit perfek vir gebruik in ’n potpourri.

KONTAK ballstraathof.co.za

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees