book-icon Uitgawe Februarie l Maart 2021

Vetplant van die maand: Echeveria setosa ‘Oliver’

akkreditasie

Nog ’n kenmerk is dat die lemmetjiegroen rosette en blare met fyn haartjies bedek is; dit gee die plant ’n sagte, wollerige voorkoms. Dis ’n aantreklike klein tuinstruik met blare wat dikwels ’n pienk randjie maak.

Kweek dit só Plant dié Echeveria in volson of halfskadu, liefs waar dit op somermiddae in die skadu sal wees. Soos ander vetplante vra dit grond wat goed dreineer en nie te veel water nie; maak eers nat wanneer die bogrond droog is. Hoewel bemesting nie nodig is nie, sal dit ’n skeutjie af en toe waardeer. Die plant kan koue verduur, maar dis raadsaam om dit binnetoe te bring in uiters koue winterweer. In die huis vra dit helder lig, selfs ’n bietjie oggendson.

In die tuin Hierdie laaggroeiende (tot 30 cm hoog) takvormende Echeveria werk goed as voorste rand van ’n gemengde vetplant-bedding. Die blomtrosse kan tot 40 cm lank word, wat tot sy spoggerigheid bydra. Die plante is ook treffend in houers. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees