book-icon Uitgawe Februarie 2018

Waterwys plant: Wildedagga

akkreditasie
Sy volksnaam, wildedagga, verwys na die Khoikhoi wat die blare gerook het, maar die plant is nie verwant aan dagga nie.

Wanneer Leonotis leonurus, ’n lid van die ment-familie, eers gevestig is, is dit droogte- en rypbestand. Sy volksnaam, wildedagga, verwys na die Khoikhoi wat die blare gerook het, maar die plant is nie verwant aan dagga nie.

Dié struik groei tot 3 m hoog. Sy blare is grof bo-op en die fluweelagtige onderkant het ’n kruiegeur. Klossies oranje blomme groei op lang stele. Daar is ’n variëteit met wit blomme, asook hibriede met room- en appelkooskleurige blomme. Wildedagga is ’n wenner in ’n natuurtuin omdat die nektarryke blomme suikerbekkies, bye en skoenlappers lok.

Kweek dié regop struik in volson of gedeeltelike skadu in goed gedreineerde grond agter in ’n bedding, teen mure en heinings, as aksentplant of in ’n fynbos- of Mediterreense tuin. Snoei teen die einde van die winter terug om nuwe groei aan te moedig.

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees