book-icon Uitgawe Augustus 2021

Raadop met onkruid? JJ van Rensburg gee raad

akkreditasie

Karin Butler van Hermanus skryf Ek het groot grasperke van Berea-gras – dis gehard en altyd mooi groen, maar ek het onlangs hierdie onkruid (foto) gesien wat die gras nou oorneem. Dit versprei vinnig en het ’n mooi wit blom wat baie bye lok, daarom wil ek nie graag die gras spuit en hulle in gevaar stel nie. Het jy asseblief vir my raad?

JJ antwoord Jy kan Berea (LM)-gras wel behandel sonder enige gevaar vir die gras of die bye, aangesien onkruiddoder nie geformuleer is om insekte aan te tas nie. Dis belangrik dat jy ’n selektiewe breëblaar-onkruiddoder gebruik en die hoeveelheid water verdubbel sodat die mengsel nie te sterk is nie. Maak ook seker die chemikalieë verander nie die gras se kleur nie deur dit eers met ’n stikstofryke bemesting soos 7:1:3 te voed en dan twee weke te wag voor jy spuit.Kies Versus, Turfweeder of Super Lawn Weeder. Herhaal ná drie weke. Spuit in die laatmiddag om enige risiko vir die bye te verminder, aangesien dié insekte soggens op hul aktiefste is. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees