Elaine Smuts van George skryf Ons verhuis binnekort en ek wil graag drie van ons ‘Knysna’- rose saamneem. Hulle is nou vol blomme en knoppies en ek wil hulle in groot potte verplant. Hoe moet ek die struike uithaal?
Ludwig antwoord Dis nie die beste tyd om dit nou te doen nie. Wag indien moontlik tot die knoppies oopgemaak het en die blomme verwelk. Gee van nou af baie min water, indien enige. Maak dan die aand voor jy hulle uithaal goed nat sodat die grond sag is. Sny verwelkte blomme se stele halfpad af. Grawe die roos uit en probeer soveel moontlik grond aan die wortelbal behou. Plaas die rose dadelik in die potte, maak nat en hou vir ’n week of wat in die skadu. Teen daardie tyd het haarwortels gevorm en die sapvloei herstel.
KONTAK ludwigsroses.co.za