book-icon Uitgawe Mei | Junie 2022

Die rooskenner Ludwig Taschner gee raad

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
‘Deloitte and Touche’
‘Deloitte and Touche’

Adair Liebenberg van Vierfontein skryf: Ek het ’n nuwe roosboom en twee ander in potte wat ek graag in die tuin wil plant. Wat is die beste posisie vir hulle? Dit word baie warm hier in die somer en koud in die winter.

Ludwig antwoord: In uiters warm streke is heelwat oggendson (minstens ses uur) en skaduwee in die namiddag beter vir rose. Koue is nie ’n probleem nie, want rose kom oorspronklik van die noordelike halfrond waar hulle in ’n winterslaap gaan en selfs sneeu oorleef.

Mei en Junie is die ideale maande om nuwe rose of rose uit potte in die tuin te plant. Die struike groei dan nie baie aktief nie en sal nie aan wortelstres ly nie. Verryk die grond vooraf met kompos en ander organiese materiaal soos grondboontjiedoppe sodat dit vrugbaar en sponsagtig is; dit help dat die water makliker by die wortels uitkom, wat die roos meer bestand maak teen hitte.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees