book-icon Uitgawe Desember 2021 | Januarie 2022

Die rooskenner Ludwig Taschner gee raad oor 'Arista'-rose

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Bets Botha van Lydenburg skryf: Ek het ’n ‘Artista’-roos present gekry. Ek sien dit word ’n Panarosa genoem op die plantetiket. Is dit iets anders as ’n hibried-teeroos? 

Ludwig antwoord: Panarosa- rose groei tot informele, geboë struike, terwyl hibried-teerose ’n formeler, regop groeiwyse het. Die naam Panarosa dui op die trosse blomme wat as’t ware ’n panorama van kleur verskaf. Danksy hul natuurlike groei-krag en groot blaredak word hulle goed geanker deur diep wortels en kan hulle droogtetye goed deurstaan. Die plant reageer wel goed indien dit diep natgemaak word. Plant ‘Artista Panarosa’ as alleenstaande fokuspunt (2,5 m breed en 3 m hoog), of lei dit op as ’n klimroos teen ’n pilaar, traliewerk of heining waar dit massas sytakke sal vorm wat reg deur die seisoen blom.

KONTAK ludwigsroses.co.za            

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees