book-icon Uitgawe April 2021

Die rooskenner Ludwig Taschner gee raad oor bemesting

akkreditasie

Magda Smit van Benoni skryf My bedding ‘Thank You’-rose lyk vanjaar op hul mooiste en ek wil hulle graag so lank moontlik laat blom. Kan ek aanhou bemes tot die winter?  

Ludwig antwoord As jy jou rose nou met Vigorosa voed sal jou rose aanhou blom tot Mei en Junie, maar daarna moet jou rose dormant begin raak sodat hulle in Julie gesnoei kan word. Dit is daarom nie raadsaam om ná Aprilmaand te bemes nie, behalwe in warm, subtropiese streke soos die KwaZulu-Natalse kus waar ’n mens nog tot Mei kan voeding gee.

Tuiniers in baie koue dele moes reeds in Maart bemesting gestaak het. Dis belangrik dat rose deur ’n dormante fase gaan. Dit maak die plante gehard en laat hulle stysels en suikers opbou sodat hulle kan uitloop in die lente – wanneer jy eintlik wil hê hulle moet hul beste voetjie voorsit. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees