Joanne White van Durban-Noord skryf Die jong blare van my ‘VLV Kaapland’-roos is verrimpel en kleiner as gewoonlik. Wat veroorsaak die skade?
Ludwig antwoord Dis heel waarskynlik plantluise en blaaspootjies wat uit hul winterslaap ontwaak. As jy mooi kyk, behoort jy klein plantluise op die knoppe of onder die blare te sien.
Die blaaspootjies wat die afgelope jare algemeen in rose voorkom is feitlik onsigbaar in hul larwestadium. Die volwasse blaaspootjies lê hul eiers laer af op die stamme onder die bas.