book-icon Uitgawe September 2018
Deel

Só stut jy jou hoogstamrose

akkreditasie

Vraag: Wat is die beste manier om hoogstamrose te stut? Ek het ‘Granny’s Delight’ aan weerskante van my oprit en verlede jaar het die wind een van die koppe afgeruk. 

Antwoord: Die stut moet net so hoog soos die kroon wees om die kroon teen wind-skade te beskerm of te keer dat dit onder die okuleerlas afbreek. ’n T-balk of ronde struktuur bo-aan die stut is die doeltreffendste. ’n Goeie metode is om die stam aan die stut te “verbind” met ’n strook skadunet. Wanneer jy dié verband-metode op taamlik jong hoog- stamrose gebruik, is dit raadsaam om stukke polistireenskuim tussen die stut en die stam te sit sodat die stam plek het om uit te sit. 

Vraag: Hoe gemaak met die nuwe rooierige stele wat aan die onderkant van my ‘Candice’-rose uitloop? Dit lyk heeltemal anders as die ander stele. Moet ek hulle afsny? 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees