Claude Scott van Johannesburg skryf Ek het ’n paar ‘Arianna’-rose wat ek moet snoei. Sover my kennis strek, moet ’n mens rose terugsnoei tot ’n ogie wat na buite wys en ’n skuins snit maak. Is dit reg?
Ludwig antwoord Vroeër jare het tuiners hul rose so gesnoei omdat hulle geglo het dit sal die nuwe stele mooi buitentoe laat groei. Maar ons het gevind dat ’n roos groei soos hy wil en by die ogie uitloop wat hy dink die sterkste is.
Al wat belangrik is, is dat jy ’n roos wat hoog groei terugsnoei tot 90 cm, ’n mediumhoë struik tot 70 cm en ’n lae roos – soos ‘Arianna’ – tot 50 cm.