Dis nou tyd om jou grond voor te berei sodat jy in die lente groente kan saai en plant, aangesien vrugbare grond en gesonde wortels ’n stewige fondament lê vir sterker plante wat meer groente sal oplewer. Die biologiese benadering tot plantgesondheid berus op die filosofie dat voorkoming beter as genesing is. Tref hierdie drie voorsorgmaatreëls:
1 VOEG KOOLSTOF BY
Die basis van grondvrugbaarheid is koolstof, ’n voedingsbron vir mikrobes wat die nutriënte in die grond afbreek vir beter opname deur plante. Strooi verrykende koolstofkorrels (soos EcoBuz HumiGro) oor die grond of los dit op in water en deurdrenk die grond. Maak kompakte grond 30 cm diep los voor toediening en maak goed nat. Wag dan tot die volgende dag voor jy plant, of bedek met ’n organiese deklaag indien jy later wil plant.