Die Pantone-kleur van die jaar is Very Peri – ’n blou skakering met ’n pers-rooi ondertoon wat selfvertroue, vindingrykheid en kreatiwiteit verteenwoordig. Kan jy aan ’n beter manier dink om jou wintertuin op te vrolik? Oorweeg dié jaarplante met hul Very Peri-skakerings:
• Gesiggie en viooltjie Hierdie vrolike plantjies geniet gedeeltelike son; maak gereeld direk op die grond nat.